“Om 'n Lighawe van GOD se liefde
vir mense te wees.”

 
 

Meer oor ons karakter

Die styl van die gemeente kan beskryf word as gemaklik en informeel sonder dat dit die bekende grense van `n Gereformeerde Kerk oorskry. Die belangrikste fokusareas is prediking, toerusting en skoling, kinder- en kleuterbediening, jeugbediening, sending en diens van barmhartigheid.

Hier is `n onbeskryflike verskeidenheid van oud en jonk, ryk en arm, stadsmens, plaasboer, plotbewoner, mense wat in: woonstelle, veiligheidskomplekse, aftree-oorde en selfs in karavaanparke woon. Ongeag jou eie posisie of omstandighede, is jy baie welkom en behoort jy baie gou tuis te voel te midde van hierdie diversiteit.

ons missie

Daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge in die gemeente. Die ideaal is dat elkeen wat ‘n aanvoeling of gawe op ‘n spesifieke terrein het betrokke sal raak by ‘n spesifieke bediening met die oog daarop om ‘n verskil te maak en hulle self en hul roeping
uit te leef.

Verder hoop ons dat elkeen wat nood ervaar op een of ander terrein van hul lewe die vrymoedigheid sal neem om hul nood onder ons aandag te bring sodat ons waar moontlik ‘n wesenlike verskil kan maak.

 

Raak betrokke by: